News

Provinsiale en Protea spelers die naweek op Parys se rolbalbane in aksie

Dis groot rolbal hier!

Die Cheetah Challenge met ses rolbaldistrikte wat verteenwoordig is, word hierdie naweek op Parys se rolbalbane beslis. ‘n Totaal van 96 provinsiale spelers en ook verskeie Protea-spelers waaronder Esmé Hayley, Sue Tarr (die 2022 Veterane SA Meester kampioen), Marizelle Rossouw, Panache Ziramba, Jax Janse van Rensburg, Brendan Ferns, Jason Evans, Jerry Baker, Victor Siphali en Prince Neulondu is in aksie vir die naweek wat skitterende rolbal beloof.

Van die plaaslike klub sal onder meer Jaco Nel, Amanda Bester en Poena Oliver hul slag wys.

Drie wedstryde word vandag, Saterdag 14 Oktober gespeel, en twee wedstryde Sondag.

Die uitdaging word jaarliks die afgelope drie jaar gehou en roteer tussen die onderskeie distrikte wat as gasheer vir die kragmeting optree. Vanjaar is die eerste keer dat die Cheetah Challenge in Parys gehou word.

Vanoggend se spel is vooraf gegaan deur ‘n parade van al die distrikte teenwoordig.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button