News

Padskade na Vaal-vloed ook nou herstel

Jy sal nie glo wat hier gedoen is nie.

Wat by Parys se bekende hangbrug oor die Vaalrivier uit eie sak en met die steun van borge deur ‘n handjievol vrywilligers gedoen is oor die afgelope weke, danksy die inisiatief van Parysenaar Stephanie Fourie, is eenvoudig ongelooflik.

Vandag, Woensdag 11 Oktober is selfs die vloedskade aan die padoppervlak in die Esplenade langs die rivieroewer herstel, en gewerk aan die pad vanaf die laagwaterbrug ingang na die Parys Golf & Country Estate tot by die hangbrug. Die pad is naweek vir naweek die ene bedrywigheid wanneer besoekers  na die dorp stroom.

Dankie ook aan Alfred en die paaie departement vir hul ondersteuning met die werk wat vandag in die Esplenade gedoen is. 

So het dit hier in die Esplenade gelyk na die Vaalrivier-vloed vroeër vanjaar. 

Die hele brug is netjies oorgeverf, die verweerde draadwerk aan weerskante van die brug se loopvlak is vervang om seker te maak dit is veilig vir mense wat graag oor die brug loop. Daar is skoongemaak langs die rivieroewer, nuwe inligtingsborde opgesit, ‘n pragtige groot raam opgesit waar jy foto’s kan neem met die brug in die agtergrond en sommer ook jou slot kan hang om ‘n besoek aan dié toerismejuweel ekstra spesiaal te maak.

Voorheen het mense oral aan die brugkabels en draad slotte gehang en moes die slotte verwyder word om die herstelwerk aan die brug te kon doen. Boonop het die ekstra gewig van die honderde slotte aan die brug lankal kommer gewek, en bied die raam waar mense nou hul slotte kan hang ‘n beter alternatief.

Kyk net hoe pragtig is die rivierwal hier reggemaak en verstewig na die vloedskade.

So het dt gelyk voordat die skade herstel is. 

Die span helpers wat die vrag klippe met die hand aangedra het om die oewerwal op te vul en te verstewig, en vir weke so hard gewerk het om hier reg te maak en alles so netjies te kry. 

Daar is vullisdromme langs die rivieroewer geplaas straatname op die sypaadjies is weer netjies geverf, en daar sal ook vandeesweek plaveiselstene gelê word op die sypaadjie by die brug.

‘n Enorme taak waarop Parys en sy inwoners met reg trots kan wees, want dié mooi juweel is al soveel keer gefotografeer as een van die gewildste besoekpunte in die dorp.

Dankie aan elkeen wat die inisiatief ondersteun het, wat gehelp het, en wat aangemoedig het  – ons is trots Parys.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button