News

Klagte nou ook teen munisipale bestuurder gelê oor water

Woede en frustrasie het opnuut die afgelope paar dae in Parys opgebou oor die Ngwathe munisipaliteit se onvermoë om water aan inwoners te voorsien.

Sowat 50 gemeenskapslede het Woensdagoggend by die plaaslike polisiestasie byeen gekom om klagte te lê teen die munisipale bestuurder van die Ngwathe munisipaliteit oor dié munisipaliteit se versuim om water aan sy inwoners te voorsien. ‘n Saak is nou by die polisiestasie geopen en sal deur die plaaslike speurtak ondersoek word, het Shawn Stevens en Coenie Kunneke gesê op wie se inisiatief die nie-politiese gemeenskapsaksie om klagte te lê teen die munisipale bestuurders as regsaanspreeklike persoon, begin is.

Die plaaslike AfriForum-tak verteenwoordigers was ook daar in ‘n ondersteunende en raadgewende hoedanigheid, het Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder, Mooirivier, gesê. Sy het mense aangemoedig om ook individueel klagtes oor die voortslepende waterkrisis in Parys by die Menseregtekommissie te lê.

Talle mense het Woensdag voor die polisiestasie gewag om hul name te voeg by die klaers vir ‘n saak wat geopen is teen die munispale bestuurder oor die munisipaliteit se onvermoë om daagliks water aan inwoners te voorsien. 

Mense wat nog hul klagte oor die water wil voeg by die klagtes wat Woensdagoggend reeds ontvang is, kan Shawn by 065 1730 667 of Coenie by 076 547 2753 skakel of WhatsApp met hul naam, adres en die aantal dae wat jy reeds sonder water is, sodat al die klaers se besonderhede aan die speurtak oorhandig kan word vir die ondersoek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button