News

Daar’s hy nou – die raam is op!

Hierdie is beslis 'n besoek die moeite werd as jy weer 'n draai in Parys maak.

Parys se bekende hangbrug oor die Vaalrivier is reg om besoekers met ope arms te verwelkom.

Die raam is op waar mense wat dié prag toerismejuweel besoek, hul slotte sal kan hang om ‘n besoek aan die brug ekstra spesiaal te maak en die oomblik op kamera vas te vang met die brug in die agtergrond.

Onthou – moet asseblief geen slotte aan die brug self hang nie, slegs aan die raam wat vir die doel nou opgesit is.

Weke se harde werk by die brug is uiteindelik nou voltooi  danksy die inisiatief van ‘n inwoner van Parys, Stephanie Fourie, en ‘n span vrywillige hande en mense wat met oop harte en hande die projek ondersteun het.

Die hele brug is oorgeverf, die gehawende draad weerskante van die loopvlak van die brug is vervang, die rivieroewer skoongemaak, en selfs die straatname op die sypaadjies in die omgewing van die hangbrug, is netjies oorgedoen.

Wat veral lof verdien is die groot werk wat gedoen is om skade te herstel wat aan die oewerwal  vroeër vanjaar aangerig is deur die Vaal se vloedwater.

Die totale projekkoste het R250 000 beloop wat uit eie sak betaal is.

 

Related Articles

Back to top button