News

Gemeente vier 63 goeie jare

Die gemeente is op 27 September 1960 gestig nadat die NG Moedergemeente té groot geword het. Sedertdien word die stigting jaarliks in September herdenk.

Die NG gemeente Parys-Wes is vanjaar 63 jaar oud.

Die gemeente is op 27 September 1960 gestig nadat die NG Moedergemeente té groot geword het.
Sedertdien word die stigting jaarliks in September herdenk.

Die gemeente dra elke jaar by tot die Bybelgenootskap se inisiatief om fondse in te samel vir Bybelverspreiding, en het die verjaardagvieringe Saterdag, 16 September afgeskop met ‘n Bybelstap ten bate van die Bybelgenootskap.

Afgesien van gemeentelede en besoekers wat gestap het, het lede van die Parys Voortrekkerkomando ook kom saam stap.
Die Sondagoggend is daar nagmaal gevier en het vyf jongmense belydenis van geloof afgelê.

Van links is Juné Lister, Caylin Pretorius, Wian Viviers, Aleczander Grobbelaar, en Suré de Swardt wat hul belydenis van geloof afgelê het, saam met ds. Barry van Wyk.

Nadat daar na afloop van die diens tee en verversings saam met die kinders en hul familie in die saal geniet is, is die vure teen 11:30 aangesteek en het gemeentelede en besoekers saam middagete geniet om die verjaardagvieringe af te sluit.

Related Articles

Back to top button