News

Tugverhoor verleentheid vir Ngwathe

Die raad het vroeër besluit om mnr. Malunga tydelik te skors hangende die uitslag van die ondersoek. Die tydelike skorsing met betaling sou geld totdat daar uitslag is van die tugverhoor.

Die tugverhoor van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se tegniese direkeur, mnr. Malunga, wat reeds op 13 September afgehandel moes wees, kon nie plaasvind nie.

Die raad is verlede week tydens ‘n spesiale raadsvergadeing bloot ingelig dat die getuienisleier en aanklaer wat deur die waarnemende munisipale bestuurder aangestel is vir die tugverhoor, reeds op 22 Augustus sy regsmening in ‘n verklaring gegee het.

Hierin is gesê dat hy nie sy mandaat kon uitvoer nie, weens gebrek aan samewerking van getuies. Geen antwoorde is gegee oor waarom dissiplinêre optrede nie gevolg is teen die getuies nie, en ook nie waarom die raad nie vroeër van die verslag ingelig is nie.

Die klagte teen mnr. Malunga het verband gehou met pligsversuim, en versuim om wettige opdragte uit te voer. ‘n Onafhanklike ondersoeker wat die geldigheid van die klagtes teen mnr. Malunga moes ondersoek, het op 13 Junie al in sy terugvoerverslag tydens ‘n spesiale raadsitting, aangedui dat daar gronde is vir vervolging. Daar is toe gesê dat die tugverhoor binne drie maande afgehandel moes word, met die waarnemende munisipale bestuurder wat die voorsittende beampte en getuienisleier moes aanstel. Laasgenoemde moes dan ook die klagstaat formuleer.

Die raad het vroeër besluit om mnr. Malunga tydelik te skors hangende die uitslag van die ondersoek. Die tydelike skorsing met betaling sou geld totdat daar uitslag is van die tugverhoor.

Related Articles

Back to top button