News

Kamerade van die lug vier saam met familie tagtig jaar

Meer as 'n dosyn vlieëniers was Sondag saam met familie en vriende by die vliegveld net buite Parys byeen om die tagtigste verjaardag van Johan Foley Sr. te vier. 'n Man vir wie die dreuning van 'n vliegtuig altyd besondere betekenis sal hê.

Wat die dag spesiaal gemaak het, was die weersiens van lede van 106 Eskader saam met wie Johan in sy jonger dae in die lugmag gevlieg het. Van oraloor het hulle gekom om die verjaardag te vier van ‘n vriend en kameraad.

Johan het sy lewe lank gevlieg, en het sy liefde vir vliegtuie ook nes geskrop in die harte van sy seuns en twee van sy kleinseuns. Daarom is besluit om sy tagtigste verjaardag met ‘vllieg’ as tema te by Montgolfiers in Parys te vier waar ‘n lugskouspel in die kleine deur van die kranige vlieëniers in dié uitsonderlike familie deel van die dag se saamkuier was.
Dié keer was Johan passasier met Pietman, sy kleinseun agter die stuur, toe daar met groot vernuf sierdraaie oor die vliegveld gevlieg is.

Johan Foley Sr saam met sy kleinseun Pietman du Toit in die lug in ‘n Turbo Thrush.

Johan het grootgeword in Marquard waar hy geboer en op 26 sy vlieglisensie gekry het. Hy het vir jare lugbespuiting gedoen by onder meer Flink Lugdiens waar hy vir Jan Booysen in die Bethal omgewing begin werk het. In 1984 word hy opgeroep deur die lugmag en word hy deel van 106 Eskader waar hy saam met sy mede-vlieëniers vir etlike jare verkennersvlugte sou doen, maar ook groot kokkedore moes vlieg na hul bestemmings.

In 1989 kon hy reeds met 5 000 ongeluksvrye vlugure spog.

Na sy lugmagdiens het Johan vir Sparta gaan boer en lugbespuiting tot in 2006 gedoen.

Naas sy seuns wat ook vlieëniers geword het, het twee van sy kleinseuns hul as vlieënier bekwaam. Gerhard het vir Cathay Pacific gevlieg terwyl Pietman lugbespuiting vir Orsmond in die Bethlehem-distrik doen.
Die jare was goed vir Johan. Nie net is hy geseën met vier kinders saam met sy vrou, Adri, nie maar trou hy na haar dood met Tokkie in 2009 en word haar drie kinders ook deel van die gesin. Daar is ook 15 kleinkinders en ‘n agterkleinkind. Johan en Tokkie is in Hoopstad gevestig.

Een van Johan se seuns, Johan Jr en sy gesin is die afgelope ses jaar in Parys gevestig waar Johan Jr vir Jaap van der Westhuien en LK Jonker van Koppies lugbespuiting doen.

Vriende en familie van sover as Marquard, Pretoria, Senekal en Winburg het Sondag die verjaardagvieringe in Parys bygewoon.

Johan Foley Sr, saam met sy nasate. Regs van Johan is sy seun Johan Jr, met sy kleinseuns Gerhard Lombard en Pietman du Toit agter., Aldrie het in Johan se voetspore gevolg as vlieëniers.

Onder hulle was Hendrik de Kok, kapt. Flip Wessels, Attie van Niekerk en Wimpie Conradie wie almal deel was van 106 Eskader.

Lede van 106 Eskader wat die geleentheid bygewoon het. Saam met Johan Foley Sr is Hendrik de Kok, kapt. Flip Wessels, Attie van Niekerk en Wimpie Conradie.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button