News

Jong kunstenaars se werk beïndruk

"Die talent wat ek onder hierdie kinders sien is fenominaal." So gesels Cobus van Wyk, 'n plaaslike kunstenaar van Parys wat verlede naweek een van die beoordelaars was by die kunsuitstalling van Petit Artiste

. Vanjaar is die uitstalling by die Eifel Square in Parys se hoofstraat gehou met 23 kunswerke van jong kunstenaars tussen die ouderdom van 5 en 13 jaar wat uitgestal is. Cobus het saam met nog twee talentvolle kunstenaars, Daniel Steyl en Lizette Rushmer, die kunswerke beoordeel.

Hyself het 30 jaar voltyds geskilder, en vir 12 jaar ‘n kunsskool in Nelspruit gehad. Deesdae is hy bestuurder van Grain & Iron by die Eifel Square. “Talent is natuurlik nommer een,” sê hy maar het hy ook ‘n pluimpie gehad vir Antoilene du Toit, aan wie se hand die jong kunstenaars leer en vir dit wat sy in die jeug belê.

Antoilene, ‘n gebore en getoë Parysenaar vertel dat sy baie geleer het by kunstenaar André Espag, maar dat die ‘university of YouTube’ haar ook ‘n paar fynere kunsies met die kwas geleer het. Sy het haar aanvanklik as stoetplaas bestuurder bekwaam, toe fotografie studeer, en haar later as apteekasssistent bekwaam.

Haar skildertalent het iemand eendag die vraag laat vra waarom sy nie kinders leer skilder nie.

Twee jaar gelede het sy die werk by die apteek laat vaar en het die Petit Artiste studio sy ontstaan gehad.

Vanjaar is ‘n kompetisie saam met die uitstalling van die kinders se kunswerke aangebied en is ingeskryf in drie kategorieë – 5 tot 7 jaar, 8 tot 10 jaar en 11 tot 13 jaar.

Die wenners was Dirk Steenkamp (5-7 jaar), Anika Steenkamp (5-7 jaar), Micke Prinsloo (8-10 jaar), Christiaan Kapp (11-13 jaar) en Minkie Kapp (11-13 jaar)

Related Articles

Back to top button