News

ANC-manifesplakkate beskadig historiese eikebome

Opposisie partye is woedend oor die plakkate wat teen die eikebome in ‘n gedeelte van die historiese Eikelaan in Potchefstroom vasgespyker was.

 

Opposisiepartye in die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit is woedend nadat sowat 50 ANC plakkate teen die eikebome in ‘n gedeelte van die historiese Eikelaan vasgespyker is. Hierdie plakkate het die afgelope ANC-manifesgeleentheid geadverteer wat Saterdag, 16 September by Olënpark plaasgevind het.

Volgens DA raadslid, Hans-Jurie Moolman, is dit teenstrydig met die Wet op Nasionale Erfenis-hulpbronne, sowel as munisipale verordeninge. Volgens hierdie wet mag geen persoon ‘n erfenisgebied versteur sonder die nodige permitte nie. Indien die wet verontagsaam word kan ‘n boete of tronkstraf opgelê word.

Lees die volledige berig op die Potchefstroom Herald se webtuiste by die skakel hieronder. 

https://potchefstroomherald.co.za/131682/anc-manifesplakkate-beskadig-historiese-eikebome/

Related Articles

Back to top button