News

Dis ‘n ‘clean sweep’ vir Vivienne by World Monologue Games

Die streekfinale sal gedurende Oktober lewendig aanlyn gevolg kan word

Vivienne van der Schyff het weer vanjaar die groot eer te beurt geval om Afrika Saterdag, 21 Oktober in die streekuitdunne by die World Monologue Games in die afdeling Youth, te verteenwoordig.

Vivienne het reeds in die eerste ronde met haar Afrikaanse monoloog die gesogte ‘clean sweep badge ‘ ontvang. Boonp was sy die enigste Suid-Afrikaner, en een van net ses deelnemers wêreldwyd aan wie die toekenning deur die beoordelaars toegeken is na afloop van die eerste uitdunrondte.

Die indrukwekkende toekenning word slegs gemaak aan deelnemers wat volpunte van die beoordelaarspaneel kon kry – ‘n prestasie wat selde behaal word, en ‘n eerste was vir Suid-Afrika – dit boonop met ‘n Afrikaanse monoloog. Haar monoloog handel oor ‘n meisie wie se ma aan kanker gesterf het.

Die karakter wat sy vertolk is geskep deur die Suid-Afrikaanse skrywer Pierre-Andre Viviers.

Vivienne is tans ‘n leerder van Eunice High School for Girls, en ‘n student van die Linda Theron Drama Studio.
Die World Monologue Games is ‘n internasionale geleentheid waar deelnemers vanoor die wêreld se uitstaande talent beoordeel word.

Oor haar deelname aan die World Monologue Games sê Vivienne dat dit vir haar ‘n groot eer is om Suid-Afrika te verteenwoordig op die internasionale platform wat deur Pete Malicki geskep is in 2020 in ‘n tyd toe inperking akteurs en kunstenaars die geleentheid vir deelname ontneem het.

Die streekfinale sal gedurende Oktober lewendig aanlyn gevolg kan word en sal Parysenaars dan vir Viivenne tydens haar deelname kan stem. Die wenners van die ses kategorieê ontvang kontantpryse en ‘n po- diumplek by die prestige Global Finals wat in Desember gehou word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button