News

Van Vollas tot ‘n lykswa van Parys na De Aar

Lekker mense, awesome karre en interessante stories! Dit was wat jy vanoggend in Parys se hoofstraat gesien het.

Vergeet van Paris na Dacar. Hier kom Parys na De Aar.

Vier en twintig van hulle so kleurvol as dié ‘jolly’ klomp van die Nuts & Bolts Rally self wat die road trippie vandeesweek aanpak.

Net na 09:00 vanoggend, Donderdag 14 September, is daar weggespring uit die Vrystaatse Parys waar al 24 van dié pre 1990 karre met karakter eers saamgetrek het voor Ietsie mooi by Parys se eie Eiffel-toring  in die kleine. En toe ‘n foto saam met die helderrooi Droomvrou manekyne. Elkeen van die 51 mense wat saamry, gedress van Meksikaans tot Frans, want as jy ‘n Nuts & Bolts Rally ry, het pret nie brieke nie.

 

Pa en dogter, Pieter en Gemma Andersen wat sorg dat al die reëlings vir die Rallys regloop.

Die Parys na De Aar Rally is die 33ste Rally wat hulle ry vandat ‘n klompie vriende in 2014 die eerste keer hul ou meesters op die pad gevat het. Vriende het vriende genooi en net die volgende jaar was hulle 38 wat saam gery het.

Nadat die toeters vrolik Parys gegroet het, is daar Donderdag  gery tot by Boskoppie Leeuplaas in Kroonstad. Vandaar dan na Aldam om uiteindelik Saterdag die enjins stil te maak voor die Sonder Sorge Ouetehuis in De Aar.

Want sien –  Nuts & Bolts Rally glo aan terug gee aan die gemeenskap. “Pay it forward” verduidelik organiseerder, Pieter Andersen, my. Vier en twintig sakkies lekkergoed sal daar by die bejaardes van Sonder Sorge tehuis uitgedeel word, sê hy. Met elke Rally wat hul ry, is daar ‘n gemeenskapsorganisasie na wie daar uitgereik word.

Elke jaar ry hulle 3 of 4 rallys – aan die Weskus, die Tuinroete en Noord-Kaap se kant toe. As jy gelukkig genoeg is om die trotse eienaar van ‘n pre-1990 motor te wees en ‘n gees vir avontuur het, is dié Nuts & Bolts Rallys vir jou!

 

Wie weet dalk slaan jy een van die Rally-pryse los want met elke Rally is daar ‘n prys vir die Meeste gees, “Best Dress” en “Worse Luck.

 

Met die Parys na De Aar Rally is daar vanjaar ook ‘n hele paar Parysenaars wat saamry. Brian J.v. Rensburg, Hertzog Prinsloo, Tinus en Wilma Jacobs, Waldo Prins, en Tommy en Chrizelle van Tonder.

Veilige kilo’s en onthou – Keep your ducks in a row and just keep driving!

Meer oor Nuts & Bolts Rally by info@nutsandboltsrally.co.za of gaan kyk na www.nutsandboltsrally.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button