News

Die Bloeddiens het jou bydrae nodig

Help die Bloeddiens om die mikpunt van 50 eenhede bloed in te samel wat byna 150 lewens kan red.

September is tradisioneel ‘n moeilike tyd vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens weens die rekordeksamen van matrikulante, en die September-skoolvakansie. Daar is ongelukkig nie genoeg bloedskenkklinieke by besighede om die gapings van die afwesigheid van bloedskenkklinieke by skole en tersiêre instel- lings te vul nie.

Die gemeenskap van Parys word daarom aangemoedig om bloed te skenk Dinsdag, 12 September by die Hervormde Kerksaal, Parys, h/v Loop- en Paulsenstraat, tussen 13:00 en 19:00.

Help die Bloeddiens om die mikpunt van 50 eenhede bloed in te samel wat byna 150 lewens kan red. Veral nuwe skenkers word gevra om die Bloeddiens te ondersteun, en kan jy met tot so min as net vier skenkings per jaar ‘n groot bydrae lewer om hierdie noodsaaklike diens aan talle pasiënte te kan lewer.

Related Articles

Back to top button