News

Net genade dat niemand beseer is in ontploffings tydens vulstasie roof

Die geweldige skade in die winkel is na die rooftog in 'n rekord spanpoging van 32 uur herstel, en kon besigheid Maandag weer normaal in die geriefswinkel bedryf word.

Getraumatiseerde werknemers van die Tumahole Filling Station by die Viva vulstasie in die nywerheidsgebied van Parys het vandees-week nog gesukkel om tot verhaal te kom nadat tien gewapende rowers, Sondagoggend in die vroeë oggendure, op die geriefswinkel toegeslaan en derduisende se skade aangerig het.
Die rowers het onder meer twee keer gepoog om ‘n valkluis met plofstof oop te skiet terwyl die werkers en kliënte in die gebou was.

Volgens die vulstasie eienaars, Pieter en Anelique Coetzer, het die mans, gewapen met handwapens en ‘n R4, en met gereedskap by hulle, die winkel omstreeks 01:45 die oggend binnegestorm en die vuurwapens op die werknemers en kliënte gerig. Hulle is beveel om plat of die vloer te lê. Die rowers het hulself aan kontant uit die kasregisters gehelp, en ook verskeie items van die winkelrakke gesteel, waaronder heelwat sigarette, milo, grondboontjiebotter, tandepasta, koeldrank, Cremora en selfs medisyne en kondome. Van die kliënte se selfone is ook by hulle afgevat.

Die ontploffings het groot skade in die winkel aangerig, maar sê Anelique dat hulle baie dankbaar is dat niemand in die rooftog en ontploffings beseer is nie.

Die rowers het te voet gevlug en was teen Dinsdag steeds soek.
Anelique en Pieter is dankbaar teenoor hul kliënte en die publiek vir die simpatieke en meelewende boodskappe wat hul sedert die voorval gekry het.

Selfs van die kliënte wat in die winkel was ten tyde van die voorval, het nadat die rowers die perseel verlaat het, dadelik gehelp om na die rowers te soek, sê Anelique.

Die Coetzers het gesê hulle is baie jammer vir die werknemers en kliënte wat die trauma moes beleef.
Die geweldige skade in die winkel is na die rooftog in ‘n rekord spanpoging van 32 uur herstel, en kon besigheid Maandag weer normaal in die geriefswinkel bedryf word.

Die polisie ondersoek ‘n klag van besigheidsroof, en is enigeen wat inligting het oor die verdagtes, gevra om speur-konstabel Malefane Motloung van die polisie se georga- niseerde misdaadeenheid in Zamdela by 082 603 5265, of die Parys SAPD, of Crime Stop by 08600 1011 te skakel. Aonieme wenke kan ook deurgegee word op die MySAPS selfoontoepassing.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button