News

Klagte nou by Nersa oor onwettige en gevaarlike kragverbindings

Daar is op 22 Augustus inspeksie gehou en bevind dat niks aan die onwettige verbindings gedoen is nie, sê AfriForum.

Die AfriForum-tak in Parys het Woensdag 23 Augustus ’n klagte by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) ingedien oor onwettige en gevaarlike kragverbindings in Parys. Dit volg nadat die tak op 18 Augustus ’n brief aan die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit gestuur het waarin hulle 48 uur gegee is om die onwettige verbindings te herstel.
Dié brief is ook aan die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (CoGTA) en die Vrystaatse Departement van Gesondheid gestuur.

Daar is op 22 Augustus inspeksie gehou en bevind dat niks aan die onwettige verbindings gedoen is nie, sê AfriForum. Die AfriForum-tak het daarom ‘n dringende beroep op NERSA gedoen om in te gryp.”Ons hoop dat NERSA, CoGTA en die Vrystaatse Departement van Gesondheid die munisipaliteit tot verantwoording sal roep,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Volgens Petrus Coetzee, AfriForum se raadgewer vir Plaaslike regeringsake, is dit NERSA se wetlike plig as energiereguleerder om te verseker dat elektrisiteitsverspreiders, soos die munisipaliteit, aan hulle lisensievoorwaardes voldoen, en dat hulle die wet nakom. “Hierdie tipe agterlosigheid van die munisipaliteit stel die gemeenskap in gevaar. Dit sal uiters onverantwoordelik van NERSA wees indien hulle nie ingryp nie,” het Coetzee afgesluit.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button