News

Vories hou voete warm

Mense se harte was oop vir die Vories se Omgee-projek, en sê die kommando dankie vir elke sokkie wat geskenk is.

Parys Voortrekker-kommando het dié winter kouse ingesamel vir kinders in nood om minstens seker te maak hul voete bly warm.

Enige kouse, enige grootte, oud of nuut, gestreep of bont, kon geskenk word om seker te maak dat elke leerder aan wie die skenkings oorhandig sou word, minstens twee pare kouse sou hê.

Mense se harte was oop vir die Vories se Omgee-projek, en sê die kommando dankie vir elke sokkie wat geskenk is.
Daar word steeds bedsokkies bymekaar gemaak vir die kinders in die Choc-huis in Bloemfontein, en kan jy wol skenk, of self die brei- of hekelnaalde nader trek om ‘n paar bedsokkies vir die kinders te maak,

Dit kan dan afgegee word tydens spandag vir die Voortrekkers van Parys-kommando Woensdae tussen 16:00 en 17:00 op die Parys Primêre skoolterrein, of andersins by die skoolkantoor.

Related Articles

Back to top button