News

Dit steel weer dat dit bars op die kragnetwerk

...en dit is nie net die skade nie. Dit is veral die ongerief vir mense wat sonder krag sit as gevolg hiervan, en ure in beslag neem om die skade te herstel.

Sedert verlede week het diefstal en vandalisasie op die kragnetwerk in Parys weer skiellik en met mening toegeneem. Maandagaand alleen is vyf voorvalle gerapporteer.

Van die strate wat geteiken was, is Breëstraat, Presidentstraat, Mollstraat en Fochstraat.

Benewens oorhoofse kraglyne wat gesteel word, word mini-substasies en meterkaste ook voor die voet gevandaliseer en leeg gesteel.

Ngwathe se elektrisiëns besig met herstelwerk in Breëstraat naby die Van Coller-kruising.

Ngwathe se tegniese span is tans besig om die skade wat dié diewe aangerig het, in Breëstraat naby die Van Collerstraat-kruising te herstel.

Wees asseblief op die uitkyk vir enige verdagte beweging of geluide wat jy sou hoor veral saans tydens beurtkrag en rapporteer dit onmiddellik aan die polisie of jou sekuriteitsmaatskappy. Dit is baie nodig dat die publiek die oë en ore van d ie polisie sal wees om hierdie misdadigers vas te trek wat bydra tot kraglose ure vir inwoners, benewens daaglikse beurtkrag.

Related Articles

Back to top button