News

Man wat drie in parkeerruimte skiet Maandag voor die hof

Die derde persoon wat gewond is, was steeds met die skryf van die berig in die hospitaal waar hy behandel word. 

Die 33-jarige man wat in Zamdela gearresteer is vir die dubbele moord en poging tot moord  oor die naweek in die parkeerarea by Kwa-Nduna Shisanyama in Sasolburg, sal Maandag 21 Augustus voor die Sasolburgse landdroshof verskyn op klagtes van moord, poging tot moord, die afvuur van ‘n vuurwapen in munisipale gebied, en die hantering van ‘n vuurwapen terwyl onder die invloed van alkohol, asook roekelose en nalatige bestuur.

Polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani, sê polisielede het Saterdagaand 19 Augustus om 01:55 patrollie naby die Kwa Nduna Shisanyana gery toe hulle die skote en geskree van mense gehoor het.

‘n Grys Mercedes Benz sonder nommerplate is kort daarna teen hoë spoed sien jaag vanaf die rigting waar die skote gehoor is. Die polisie het die motor agterna gesit en is die man in hegtenis geneem en beslag gelê op die vuurwapen.

Sers. Rani sê die voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte klaarblyklik kort voor die arrestasie die skote vanuit sy motor op die parkeerterrein afgevuur het wat die drie mans getref het.

Een van die mans is op die toneel oorlede, terwyl die tweede  aan sy wonde by die hospitaal beswyk het. Die derde persoon wat gewond is, was steeds met die skryf van die berig in die hospitaal waar hy behandel word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button