News

Sterkte, Pappa!

Dis groot motorsportaksie die naweek in Parys

Twee dae en twee agtereenvolgende rondtes van die 2023 Suid-Afrikaanse Tydren-kampioenskap wag op deelnemers in hierdie naweek se Parys 400  wat op 18 en 19 Augustus plaasvind met die wegspring en eindpunt wat vanjaar by die AfriDome is. Indien die eerste drie rondtes van die seisoen enigsins ‘n aanduiding sou wees van wat om te verwag, beloof die naweek se motorsport in Parys groot aksie. vir rondte 4 en 5 wat beslis moet word.

Deelnemers het reeds vanoggend om 09:30 weggespring vir rondte 4 met Henk Lategan en Brett Cummings wat eerste uit die wegspringblokke was.

Op Saterdag, 19 Augustus wag ‘n nuwe kwalifiserende roete sowel as ‘n ander 190 kilometer-lus op die spanne vir die vyfde ronde van die SARRC met die aksie wat weer om 07:30 begin terwyl die vlag om 09:30 vir die hoofren sal sak. Soos vandag, Vrydag 18 Augustus, sal spanne terugkeer na die AfriDome nadat hulle die eerste lus voltooi het vir ‘n verpligte dienspouse voordat hulle die tweede lus aanpak.

Die Parys 400 kan gevolg word op die RallySafe-toepassing wat gratis afgelaai kan word vanaf die iStore en Google PlayStore of op Facebook: saccsauto; Instagram: saccs_auto en Twitter: @SACCS.Auto.

Kom kyk na die aksie en onthou daar is heerlike kosstalletjies waaraan jy kan smul.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button