News

Spyker-misdaadgier steek kop uit op Gautengse paaie

Gautengse motoriste word gewaarsku om waaksaam te wees aangesien daar glo 'n toename in gevalle was waar misdadigers spykers en ander skerp voorwerpe op die pad plaas om motoriste tot stilstand te dwing.

Volgens verkeersowerhede is talle voorvalle die afgelope tyd in Gauteng aangemeld waar misdadigers hierdie taktiek gebruik het om motors tot stilstand te dwing en motoriste dan te beroof.

In sommige gevalle word harde voorwerpe van oorhoofse brûe af gegooi wat daartoe lei dat motoriste beheer oor hul voertuie verloor en ongelukke maak, waarna hulle van hul besittings beroof word.

Daar was ook verskeie voorvalle waar mense langs die pad beroof is deur misdadigers wat hulself as die polisie voorgedoen het.

Wat die spyker-misdaadgier aanbetref word stil paaie geteiken en die voorvalle vind gewoonlik oor naweke tussen 18:00 en 04:00 plaas.

*Die N4 tussen Mpumalanga en Pretoria (tussen die Solomon Mahlangu en Watermeyer-afritte).

*Die N4 tussen Mpumalanga en Pretoria (tussen die Bronkhorstspruit en Balmoral-afritte)

*Die N1 Polokwane/N4 Mpumalanga-wisselaar in Pretoria.

*Die N4 na Rustenburg tussen R80 Mapobane-hoofweg en die Brits Plaza-tolhek

*Die Goue Snelweg

*Die R21 tusasen OR Tambo Internasionale Lughawe na Pretoria

*Die N12 by Witbank (onder die Merridale-brug)

*Die R562 by Olifantsfontein

*Die N3-snelweg tussen Leondale en Barry Marais

*Die N17 tussen Rondebult en Heidelbergweg

Motoriste word aangeraai om die volgende veiligheidsmaatreëls toe te pas indien hulle die teiken van hierdie misdaadgier word:

*Moenie die voertuig stop in die jy deur spykers wat op die pad geplaas is gery het nie. Ry eerder stadig na die naaste vulstasie.

*Indien jy deur ‘n verkeersbeampte voorgekeer word, vra vir die beampte om hul aanstellingserifikaat te sien om te verifieer of die beamte wel in diens van die polisie of verkeersowrheid is.

*Indien die beampte versuim om sy of haar aanstellingsertifikaat te toon, neem die registrasienommer van die patrollievoertuig en rapporteer dit by die naaste polisiestasie.

*Indien jou voeruig onklaar raak. Bly in die voertuig terwyl jy hulp ontbied.

*Moenie toelaat dat enige persoon jou voertuig insleep sonder skriftelike toestemming nie.

*Indien ‘n ander motoris op hierdie wyse geteiken word, verleen die nodige bystand en ondersteuning.

Die Gauteng Verkeerspolisie sê hy sal aanhou om wetstoepassing op paaie in Gauteng te doen om hierdie misdaadtendens hok te slaan.

Motoriste kan sulke voorvalle by die Gauteng Verkeerspolisie se beheerkamer by 011 689 3712 of 011 689 3999 aanmeld of die polisie by 08600 10111 skakel.

Skerp voorwerpe word op paaie geplaas in ‘n poging om motoriste tot stilstand te dwing.
Motoriste word aangeraai om nie te stop nie, maar stadig tot by ‘n veilige plek te ry.

Related Articles

Back to top button