News

Polisie soek na ma wat babadogtertjie in straat agterlaat

Mense met inligting oor haar familie, naasbestaandes of die ma , is gevra om a.o. Sophie Kgayane te skakel by 082 049 5208 of 071 891 4321. 

Die polisie in Tumahole het die hulp van die publiek gevra nadat ‘n pasgebore babadogtertjie Maandag 14 Augustus, in ‘n straat in die Lusaka-gedeelte van Tumahole agtergelaat is.

Lede van die gemeenskap  het die oggend om 06:30 die Tumahole-polisiestasie laat weet en is die babadogtertjie toegedraai in ‘n kombers, lewend in die straat gekry. Sy is na die Parys Distrik-hospitaal geneem.

Volgens polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle, was dit met die skryf van hierdie berig nie seker wie die ma van die kind is nie, en is die gemeenskap se hulp gevra om die ma op te spoor.

Mense met inligting oor haar familie, naasbestaandes of die ma , is gevra om a.o. Sophie Kgayane te skakel by 082 049 5208 of 071 891 4321.

Mense kan ook inligting wat die polisie kan help met hul ondersoek stuur na die MySAPS toepassing, of die polisie se Stop Misdaad-nommer skakel by 08600 10111.

Related Articles

Back to top button