News

Die Bult raak wild as die son sak

Verskeie insidente van misdaad op die Bult, waar studente aangeval of beroof word, is weer ‘n bewys dat veiligheid nie as vanselfsprekend aanvaar moet word nie.

“Ten spyte dat ons alles in ons vermoë doen om die Bult veilig te hou, kan ons nie waarborg dat die Bult misdaadvry is nie. Al wat ek kan noem is dat daar beslis ‘n groter bewustheid geskep moet word dat misdaad ‘n realiteit is.”

So verduidelik Johan Naude, Cachet Park CID bestuurder, die toename in misdaad waar jong mense op die Bult veral na kuiers geteiken word. Baie van hierdie gevalle gebeur na middernag ook.

Verskeie insidente van misdaad op die Bult, waar studente aangeval of beroof word, is weer ‘n bewys dat veiligheid nie as vanselfsprekend aanvaar moet word nie.

Gazette en die Herald het verlede week berig van ‘n oudskolier van Parys, Enrico de Swardt, wat tans in Potchefstroom studeer, wat buite sy woonkompleks aangeval is. Dit is maar een van talle gevalle wat die afgelope paar maande op die Bult gebeur.

Naude, noem dat daar daagliks talle studente alleen deur die aand en in die vroeë oggendure in die straat loop, van hulle onder die invloed was en maklike teikens vir misdadigers word.

“Daar kan op Mooirivier Beskerming se CCTV-beeldmateriaal gesien word hoe van hierdie studente huis toe loop. Dit skep ‘n gevaarlike situasie. Die Bult is op sy besigste op Vrydae en Saterdae-aande so vanaf 22:00 tot net na 02:00 die oggend,” verduidelik Naude.

Volgens hom is dit krities dat student nie enigiemand moet vertrou wat hulle nie ken nie. Studente en jong mense word juis geteiken wat uit klubs en kuierplekke loop.

“’n Tendens is dat misdadigers mense nader en roep, hul dan jou hand skud en maak asof hul jou in die maag knieg. As studente weer sien is hul weg met hul fone of beursies. Baie keer word daar ook nie sake gemaak nie,” vertel Naude.

Buiten kontakinsidente waar mense beroof is, is daar ook talle motorongelukke op die Bult in die vroeë oggendure.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button