News

Bingo-pret vir VLU-vroue

Die klub se volgende vergadering is 3 Oktober. Enigeen is welkom om die byeenkoms by te woon. Jy hoef nie lid van die VLU te wees nie.

Mandy Botha van Caring Heart het 1 Augustus met lede van die Vroue Landbou Unie (VLU) kom gesels, waar sy meer vertel het van die 24 uur versorging wat sy bied vir bedlêende pasiënte, en pasiënte wat rehabilitasie benodig op korttermyn by haar versorgingsfasiliteit in Sckonkenstraat, Parys.

Daar is die oggend ook Bingo gespeel en saam gekuier.

Die klub se volgende vergadering is 3 Oktober. Enigeen is welkom om die byeenkoms by te woon. Jy hoef nie lid van die VLU te wees nie.

Kom kuier net saam, maak nuwe vriende en leer van ‘n verskeidenheid onderwerpe met interessante sprekers.
Saam met hierdie groep dinamiese vroue sal jy bekendgestel word aan heelwat nuwe idees en wenke vir handwerk en stokperdjies.

As jy graag die oggend wil bywoon, skakel Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button