News

Gemeenskap se harte oop vir Brood vir hulle in nood

Dankie vir elke oop hart en hand wat die VVA se hande sterk maak in ons gemeenskap

Die gemeenskap van Parys se harte was vanjaar weer oop vir Vrystaat Versorging in Aksie se jaarlikse Broodjiedag-projek. ‘n Totaal van 516 brode is ontvang, en is van die brode ook versprei na ander organisasies wat brood nood gehad het. Dit sluit in Epilepsie SA se Vry-staat/Noordwes-tak, Die Harts- huis, Najaarsrus en Glennifer.

Die res van die brode sal gebruik word vir VVA se sopkombuis waar daagliks ‘n voedsame maal aan sowat 100 mense in nood gegee word.

Dankie aan elke individu, skole en kerke uit Parys wat brode geskenk het, in besonder juffrou Anneli du Toit en Bumble Tots se ouers, wat 200 brode geskenk het. ‘n Groot dankie ook vir PCS vir die brode, sowel as sakke klere wat vir VVA oorhandig is. Onthou dat VVA Parys weer op 11 Augustus jaffels bak teen R15 elk. Bestellings kan voor 9 Augustus om 12:00 geplaas word by Charisma by 082 680 8929, of Sanette by 079 324 0603.

Voor van links is Vivienne Koch (skoolhoof van Parys Christelike Skool) saam met Sanette Boonzaier (VVA), Debbie van Tonder (eienaar PCS) en Charisma Boonzaier (VVA).

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button