News

Openbare nie-winsoogmerk organisasies moet nou werk maak van dié korting

Aansoekvorms is by munisipale kantore beskikbaar.

Instansies soos tehuise vir bejaardes, welsyns-, kulturele-, sport- en ander nie-winsbejag organisasies, is volgens munisipale belastingwette verplig om erfbelasting te betaal. Dié organisasies kan egter nou aansoek doen vir korting op erfbelasting, herinner Vryheidsfront rdl. Phillip van der Merwe.
Skriftelike aansoeke om kortings moet voor 31 Augustus vanjaar by die munisipaliteit ingedien word om in aanmerking te kom vir kortings vir die finansiële jaar wat 1 Julie begin het. Kortings word vir elke organisasie individueel bereken by ontvangs van ‘n aansoek.
Aansoekvorms is by munisipale kantore beskikbaar.
Applikante moet verkieslik hul aansoeke in duplikaat voorberei, en ‘n afskrif deur die munisipaliteit laat stempel wanneer dit ingedien word, as bewys van ontvangs daarvan.
Applikante moet beskik oor ‘n sertifikaat van die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens (SAID) wat bevestig dat die instansie by die SAID geregistreer is vir vrystelling van betaling van inkomstebelasting voordat die instansie vir korting op erfbelasting sal  kwalifiseer. ‘n Afskrif van die belastingvrystellingsertifikaat moet by die aansoek aangeheg word.
Parysenaars wat hulp met aansoeke benodig kan VF Plus rdl. Jan Meyer by 083 778 8218 skakel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button