News

Boer gee sy laaste asem om mense en diere te help

Hy het altyd alles voluit gedoen.

“Hy was altyd bereid om ander mense te help. Hy sou homself in gevaar stel om ander mense en
diere te help.”

So sê Betsie Willemse, oorlede Hennie Willemse (59) se vrou.

“Dit was ook wat hy besig was om te doen toe hy…” sê Betsie hartseer.

Hennie is tydens Saterdag, 29 Julie, se verwoestende brande by Rooipoortjie aan ‘n hartaanval oorlede.

Hy het sy beeste van kant gemaak wat in die brand seer gekry het en het toe inmekaargesak. Hy het ook as voorman op Jaco Pieters se plaas gewerk.

Hennie se beeste het tydens die Rooipoortjie-brande seer gekry en Jaco en sy gesin het kom hand bysit.

“Jaco se beeste was fine, maar boere help mos mekaar, so Jaco, sy vrou, en hul dogters het saam met Hennie gegaan om te help met die brand. Hulle wou nie die beeste uitsit nie, maar hulle het besef die beeste ly baie erg. Hennie het Jaco se pistool gaan haal om die beeste uit te sit.

Hy moes deur ‘n draad klim om die laaste bees uit te sit. Hy het die pistool neergesit en voor die draad inmekaar gesak,” sê Betsie stil.

“Jaco sê dit was vir hom die vreemdste ding. Hennie het eers die wapen veilig gemaak en neergesit voor hy deur die draad sou klim. Dis die tipe mens wat Hennie was.”

Hennie het ‘n vol lewe geleef met alles wat hy aangepak het, maar sy hart het altyd na die plaas gehunker.

Lees die volledige berig by

https://potchefstroomherald.co.za/129367/boer-gee-sy-laaste-asem-om-mense-en-diere-te-help/

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button