News

Polisie vra hulp om vermiste Tinus te vind

Enigeen wat moontlik inligting het oor waar Tinus hom mag bevind, word gevra om speur-konstabel Maartens te skakel by (016) 970 1053, of 079 544 2431. 

Die Sasolburgse polisie het die publiek se hulp gevra in die soektog na die vermiste Tinus Nel.

Tinus is 26 jaar oud en het ‘n spraakgebrek.

Hy is volgens polisiewoordvoerder Josephine Rani, in Januarie saam met sy vriendin weg by die huis, maar is nie weer daarna gesien nie.

Tinus het ‘n denim, rooi T-hemp, blou tekkies en ‘n blou baadjie gedra toe hy die laaste keer gesien is. Hy het swart hare en bruin oê

 

Related Articles

Back to top button