Onthou die stemlyne is reeds oop en jy kan van nou tot 21 Julie om 12:00 vir Parys stem as vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar. As die dorp en sy mense jou ook al bekoor het met die mooi van dié Vrystaatse dorpie, SMS sommer nou die woord Parys na 33157. Dertig stemme per SMS-nommer word toegelaat. Die koste is R1,50 per SMS. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal ook vereken word.
Daar is min dorpe wat so onder jou vel kom lê soos Parys – die Vrystaatse afdruk van sy Franse naamgenoot wat geensins afsteek as dit kom by die romantiek en unieke karakter van die dorp nie.
Sommer so met die inry in die dorp as jy op ’n Saterdag die talle motorfietse in die hoofstraat sien – of die vele voete met rugsak en tekkies wat die strate invaar om egte plattelandse hartlikheid te ervaar, verstaan jy hoekom stedelinge hier hart verloor.
Ja, elke dorp het sy uitdagings, maar dié kompetisie gaan oor die dorp se karakter, sy mense, dit wat die dorp laat uitstaan,
Dit wat jy beleef waneer jy in Parys se strate stap, die Vaal se wilde bokspringe sien, die besondere straat graffiti-kuns, eiesoortige restaurante, kuns, winkels, kuierplekke, die groot verskeidenheid van toerisme aktiwiteite en die besondere natuurskoon van die Koepel Wêrelderfenisgebied.
Dit is wat Parys besonders maak en dit is waarom die dorp JOU stem NOU nodig het.
Parys is vanjaar se streekfinalis vir die Vrystaat en die dorp het nou jou stem nodig wanneer gestem word vir die wenner van vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar.
Vra jou vriende, jou familie, sommer almal wat jy ken om te stem.
Onthou die stemlyne is amptelik oop tot 21 Julie om 12:00.