News

Noue ontkoming toe transitorowers toeslaan

Dit is nie seker met hoeveel geld die rowers op die ou end weggekom het nie want volgens ‘n video wat op die toneel geneem is, het baie van die geld op die pad en in die gras beland

‘n Egpaar van Ventersdorp het op Dinsdag 11 Julie ‘n noue ontkoming gehad toe hul voertuig naby Carletonville deur transitorowers raakgeskiet is.

Die egpaar was van die motoriste wat op die R500 tussen Carletonville en die N14 gery het toe ‘n geldwa van G4S omstreeks 17:20 deur ‘n groep transitorowers aangeval is.

Die rowers, wat in ‘n swart Volkswagen Polo en ‘n Mercedes-Benz gery het, het met onder meer AK47s en op die geldwa begin skiet tot die bestuurder sowat 600 m voor die N14 kruising van die pad af moes trek omdat hulle albei sy agterwiele pap geskiet het.

Die egpaar van Ventersdorp het op die toneel aangekom en hul Ford Ranger bakkie is ook raakgeskiet. Gelukkig is hulle nie beseer nie.

Dit is nie seker met hoeveel geld die rowers op die ou end weggekom het nie want volgens ‘n video wat op die toneel geneem is, het baie van die geld op die pad en in die gras beland

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button