News

Graan SA se uitvoerende hoof groet

Taljaard en sy gesin verhuis na Kanada waar hy 'n loopbaangeleentheid aanvaar het.

“Hierdie dag het baie vinniger gekom as wat ek ooit gedink of verwag het. ‘n Geleentheid wat ongevraagd ontstaan het. Persoonlik, wat ek in die lewe gesien, ervaar en geleer het, is dat wanneer so ‘n geleentheid aan ‘n mens se deur kom klop en spesifiek die manier waarop dit gebeur het, dit bedoel is om te wees, dit is van God daarbo. Ek en my gesin het besluit om ‘n geleentheid te aanvaar om in Kanada te gaan werk en woon.”

So het Pieter Taljaard, hoof uitvoerende bestuurder HUB) van Graan SA geskryf in sy afskeidsboodskap.

Pieter Taljaard

Graan SA sal nou met die proses begin om na die beste HUB-kandidaat te soek.

Die organisasie sê gegewe die herstrukturering wat die Graan SA Groep gedwing is om te ondergaan in die laaste twee jaar weens belastingwette en -regulasies, is dit ‘n unieke geleentheid vir GSA om anders te dink oor hoe om die waardeproposisie van hierdie organisasie asook sy rol en verantwoordelikhede die beste te dryf. “Nie net vir graan- en oliesadeprodusente nie, maar spesifiek ook in die breër georganiseerde landbou-gemeenskap, die voedsel- en veselwaardeketting sowel as vir ons land se voedselverbruikers in die algemeen.”

Taljaard het  die tyd wat hy HUB van GSA was, beskryf as ‘n aangename leerkurwe waarin hy baie nuwe mense ontmoet en baie vriende gemaak het.

“Soos u weet, is ek ‘n passievolle Landbouer en dit is wat ek vir die res van my loopbaan beplan om aan te hou doen. Ek het ‘n geleentheid aanvaar om ‘n graan- en oliesaadplaas aan die oostelike grens van Saskatchewan, Kanada, te bestuur. Boonop is die plaasbedryf ook vertikaal geïntegreer in innoverende tegnologie-ontwikkeling van hardeware en wolkgebaseerde samewerkingsagteware.”

Hy het elke vriend en kollega bedank vir die samewerking en kameraadskap wat hy gedurende die afgelope 26-jaar in die Suid-Afrikaanse Landbousektor kon deel. Ek sal altyd ‘n kind van Afrika bly en beplan om jaarliks terug te wees om die wonderlike Afrika-buitelug gedurende die koue Kanadese maande te geniet.”

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button