News

Werkloosheidsversekering: So kan afhanklikes van ‘n werknemer wat te sterwe kom, eis

Alles wat jy moet weet van registrasie en eise by die Werkloosheidsversekeringsfonds

Baie werknemers ken die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) of UIF, soos baie daarna verwys. Tog is daar baie vrae oor hoe jy registreer en wanneer jy kan eis.

Gazette het met Dynamic Labour Solutions gesels om die feite in ‘n neutedop te kry. Elke werknemer wat 24 uur of meer per maand werk moet geregistreer word vir WVF.

Die werkgewer moet registreer en die volgende dokumente word daarvoor benodig
ï‚· Identiteitsdokument van die werkgewer sowel as die werknemer
ï‚· Bewys van adres vir die werkgewer
ï‚· Bewys van bankbesonderhede van die werkgewer
ï‚· CIPC dokument vir Besighede
 ‘n Voltooide UI-8 vir besighede of ‘n UI-8D vir Huishoudings
ï‚· UI19 met die werknemer se inligting, ure en salaris

Die vinnigste om ‘n registrasie te doen is om self na ‘n Arbeidskantoor te gaan of gebruik te maak van ‘n konsultant. Registrasies kan binne 3 dae afgehandel wees
1% van die werknemer se salaris word afgetrek en die wergewer betaal 1%.

Die U-Filing stelsel werk goed om die werknemer se salaris elke maand te verklaar sowel as om
betalings te maak.

Ons beveel aan dat die werkgewer wel die 1% aftrek en dit aandui op die salarisstrokie – dit verseker
die werknemer dat hulle wel geregistreer is vir UIF. Onthou dat elke werknemer ‘n salarisstrokie
moet kry waarop die loon per uur of per dag aangedui word sowel as die aftrekkings soos UIF. En dit
bring ons by ‘n aantekenregister.

Die aantekenregister moet elke dag voltooi word soos daar gewerk is en nie een maal per maand nie. Die aantekenregister is ‘n wettige dokument en as dit verkeerd
voltooi word kan dit as bedrog beskou word.

Etenstye word nie betaal nie en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes vereis dat ‘n werknemer etenstyd neem na 5ure se werk.

Wie kwalifiseer vir WVF
ï‚· As jy jou werk verloor na afdanking
ï‚· Personeel vermindering (retrenchments)
ï‚· Kraamverlof (4 Maande)
 Die pa van ‘n nuwe baba kan 10 dae onbetaalde verlof neem en ook eis vir UIF met die
voorwaarde dat sy naam op die geboorte sertifikaat verskyn
ï‚· As jy aftree
 Die familie van ‘n afgestorwe werknemer
ï‚· As jy siek is en nie verder kan werk nie

Hoe gouer jy jou eis indien hoe vinniger word dit afgehandel. Hierdie eis kan ook aanlyn op die U-
Filing stelsel gedoen word. Dit spaar tyd en jy weet die aansoek is afgehandel. Hou egter die vlg
dokumente gereed.

Dokumentasie wat benodig word met jou aansoek
ï‚· Identiteitsdokument of paspoort
ï‚· UI19 volledig met die kode as rede vir diens beindiging. Wees versigtig watter kode jy
gebruik en moet nie op aandrang van enige persoon die kode verander nie.

ï‚· Salaris verklarings
 UI2.7 vir kraamverlof – dit dui die datums aan wat jou normale salaris uitsluit
ï‚· UI2.8 brief wat toestemming gee dat die geld in daardie spesifieke bankrekening inbetaal
mag word met die stempel van jou bank

Afhanklikes van ‘n werknemer wat te sterwe gekom het moet die volgende saamneem
1. Al die dokumente soos bo UI-19, salarisverklarings sowel as die UI2.8
2. Huwelikssertifikaat
3. Lobola brief (Traditionele huwelike)
4. Getekende volmagtigingsbrief vir lewensmaats
5. Geboorte sertifikaat van die kinders
6. Bewys dat die kinders nog studeer – dis slegs vir kinders tussen 21 en 25
7. Doodsertifikaat

Die werkgewer kan hierdie proses soveel vergemaklik deur ‘n salarisverklaring aanlyn te maak, die
betalings wat afgetrek word oor te betaal of dit ook aanlyn te doen, al die dokumentasie vir die
werknemer of afhanklike gereed te kry sodat die aansoek so spoedig moontlik afgehandel kan word.

Daar is egter ook werknemers wat nie kan eis nie
ï‚· Die werknemer wat minder as 24 uur gewerk het per maand en nie geregistreer was nie
ï‚· As jy net kommissie verdien het
 As die werknemer ‘n leerder was in terme van die Vaardigheidsontwikkelings Wet
 Die werknemer het gedros of bedank – hierdie werknemers is egter geregtig op die UIF
dokumente vir toekomstige gebruik. Moet asseblief nie die kode verander nie.  Dit maak nie saak wie jou vra om dit ter wille van die werknemer te doen nie. Dit bly bedrog.

As jy enige vrae het skakel  Annatjie 083 2444 251 (inligting verskaf deur Dynamic Labour Solutions)

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button