News

Wat kan nuutste tegnologie gehoorapparate vir jou doen?

Deur middel van Bluetooth-tegnologie kan gehoorapparate aan IOS en Android selfone gekoppel word en jy kan oproepe in albei ore gelyktydig duidelik hoor. Spesiale programme maak dit ook moontlik dat gehoorapparate kan help met die verligting van suising in die ore.

As jy nie jou gehoorapparate in die laaste drie tot vyf jaar opgegradeer het nie, of jy stel ‘n gehoortoets uit omdat jy nie weet wat om te verwag van gehoorapparate nie, is dit beslis
tyd om uit te vind wat is nuut!

Die tegnologie is meer gevorderd as ooit en kan ‘n ware verskil in jou lewenskwaliteit maak as jy gehoorverlies ondervind.

1. Herlaaibaarheid:

Daar is ‘n groot verskeidenheid herlaaibare gehoorapparate in alle groottes beskikbaar, ook in-die-kanaal tipes. Dit is baie makliker om gehoorapparate in ‘n laaier te sit in plaas van om klein
batterytjies te moet vervang.

2. Selfoon aanpasbaarheid:

Deur middel van Bluetooth-tegnologie kan gehoorapparate aan IOS en Android selfone gekoppel word en jy kan oproepe in albei ore gelyktydig duidelik hoor. Jy kan ook jou gehoorapparate met jou selfoon stel indien jy self die volume of klank wil verstel.

3. Vol en ryk klankkwaliteit:

Met die nuutste tegnologie gehoorapparate kan jy uitstekende klankkwalteit ervaar vir spraak sowel as musiek.

4. Aanpasbaarheid in verskillende omgewings:

Jy kan gemaklik na klanke luister en spraak in elke omgewing hoor. Die gehoorapparate
kan die omgewing waarin jy beweeg identifiseer en outomaties spraak duideliker maak.

5. Direkte koppeling aan dit TV:

Jy kan die TV teen ‘n gemaklike volume hoor. Deur middel van ‘n klein toestel aan
die TV te koppel, word klank deur Bluetooth na die gehoorapparate gestuur en jy kan die TV selfs op ‘n baie lae volume stel en steeds die klank duidelik hoor.

6. Onsigbare gehoorapparate:

Daar is uiters klein gehoorapparate beskikbaar wat feitlik onsigbaar is en kosmeties baie aanvaarbaar is.

7. Tinnitus programmering:

Gehoorapparate het spesiale programme om te help met die verligting van suising in die ore.

8. Kunsmatige intelligensie:

Gehoorapparate maak ook nou gebruik van ingeboude kunsmatige intelligensie om te respondeer op klanke in ‘n soortgelyke manier as waarop die brein dit sou doen. Dit maak dit makliker om spraak en klanke duidelik te onderskei in verskillende omstandighede.

9. Gesondheidsensors:

Ongeveer 40% van mense bo 65 val ten minste een maal per jaar en persone met gehoorverlies het ‘n drie keer groter kans om te val as diegene met normale gehoor. Die risiko hiervan word ook groter soos wat mense ouer word.

Die nuutste gehoorapparate kan deur middel van sensors vasstel wanneer ‘n persoon val en dan
outomaties drie kontakte van die persoon daarvan in kennis stel,
asook die persoon se GPS-ligging. ‘n Persoon kan ook deur op die gehoorapparaat te druk, sy kontakte self in kennis stel as hy in enige nood verkeer.

10. Waterbestande, stofdigte en skokbestande gehoorapparate: Jy
kan ‘n aktiewe leefstyl handhaaf sonder om bekommerd te wees dat jou gehoorapparate sal beskadig.

Daar is 6 Julie ‘n gratis gehoortoets en gehoorapparaat proefdag vir persone bo 50 jaar.
Indien jy ‘n afspraak hiervoor wil maak, kontak die praktyk by (018)
293 0567.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button