News

Klerksdorp Museum nie betrokke by uitstalling ter nagedagtenis aan aartsbiskop Tutu nie

Die Klerksdorp Museum glo baie sterk in die saak van erfenisbewaring en erfenis opvoeding, en werk baie hard met beperkte hulpbronne en ondersteuning, om ' vir die mense van ons stad, distrik, en provinsie die beste diens moontlik te lewer, tewyl ons die kulturele erfenis van al ons mense bewaar en koester'.

 

Die Klerksdorp Museum het geen betrokkenheid by, of enige fondse ontvang om ‘n museumuitstalling ter nagedagtenis aan emeritus aartsbiskop Desmond Tutu op te rig nie.

Bert Gaffen, senior historikus by die Klerksdorp Museum, het Donderdag 29 Junie gereageer op ‘n vroeëre berig oor twee museumuitstallings op die Voortrekkermonument-erfenisterrein, waarin ‘n verwysing oor die uitstalling en die Klerksdorp Museum gemaak is.

In die berig is die Klerksdorp museum se naam verkeerdelik genoem waar verwys is na besteding aan die projek, sedert die departement van kuns, kultuur en sport in Noordwes, verlede jaar die eerste keer hul voorneme om R5 miljoen vir die projek te bewillig, bekendgemaak het.

Gaffen het bendadruk dat die Klerksdorp Museum ‘n entiteit van die City of Matlosana Plaaslike Owerheid is, terwyl die beoogde Tutu museum (na die beste van hul kennis), ‘n gesamentlike projek tussen die Noordwes Provinsiale Regering en die Anglikaanse Kerk is.”Aangesien Klerksdorp Museum geensins by hierdie projek betrokke is nie, kan ons egter nie namens enige een van bogenoemde partye praat wat hierdie saak betref nie.”

“Hoewel dit ‘n waardige projek vir ons stad sal wees, met die voorwaarde dat alles aangepak en afgehandel word in ooreenstemming met die Wet op Openbare Befondsing en die Nasionale Erfenis Hulpbronne Wet, is die Klerksdorp Museum geensins in ‘n posisie om kommentaar te lewer oor die nakoming al dan nie van relevante wetgewing nie, aangesien ons nóg amptelik, nóg nie-amptelik by hierdie projek betrokke is. Om dieselfde rede kan ons ook nie kommentaar lewer oor enigiets wat rondom hierdie moontlike Tutu-museum beplan word, geïmplementeer word of nie geïmplementeer word nie, het Gaffen gesê.

Hy sê die Klerksdorp Museum glo baie sterk in die saak van erfenisbewaring en erfenis opvoeding, en werk baie hard met beperkte hulpbronne en ondersteuning, om ‘ vir die mense van ons stad, distrik, en provinsie die beste diens moontlik te lewer, tewyl ons die kulturele erfenis van al ons mense bewaar en koester’.

Related Articles

Back to top button