News

Wat het by Paardeberg gebeur?

Die skyngeveg vind plaas om 09:15 met 'n konsentrasiekamp en krygsgevangene kamp voorstelling om 11:00.

Digby Paardebergdrif op die oewers van die Modderrivier naby Kimberley het een van die grootste veldslae tydens die Tweede Vryheidsoorlog plaasgevind. Die terugtrekkende Boeremag onder bevel van Piet Cronje is vasgekeer by Paardeberg en tot oorgawe gedwing, na ‘n beleg wat gevolg het op ‘n mislukte direkte aanslag teen die Boeremagte deur generaal Kitchener.

Maar wat het die dag by Paardeberg gebeur? 

Kom kyk hoe hierdie geskiedkundige gebeurtenis en die Blokhuis dryfjag op genl. De Wet waar die boere deur die blokhuis linies gebreek het, lewensgetrou nageboots word tydens ‘n skynaanval voorstelling op die FAK se Udolpho Rivierplaas net buite Parys hierdie Saterdag, 24 Junie.

Die skyngeveg vind plaas om 09:15 met ‘n konsentrasiekamp en krygsgevangene kamp voorstelling om 11:00.

Kosstalletjies en goedere sal beskikbaar wees. Bring net jou stoel en verkyker en kom beleef geskiedenis op ‘n unieke manier, want om hierdie gebeure met elke sintuig van jou te ervaar, is om werklik iets te beleef van wat daardie dag by Paardeberg gebeur het. Iets veel meer as wanneer jy dit net in ‘n geskiedenisboek of vertelling sou raaklees.

Toegang kos R100 per voertuig. Die dag is vir oud en jonk, groot en klein, en word aangebied deur die FAK, die Gideonsbende, Vaal Kultuur Netwerk en die Dundee Diehards/ Transvaal Free State Garrison.

Verlede naweek was reeds ‘n voorsmakie van wat hierdie naweek te wagte kan wees met ‘n unieke konsentrasiekamp voorstelling wat in die Vereeniging konsentrasiekampbegraafplaas op Jeugdag 16 Junie met die viering van Konsentrasiekampdag gesien is.

Foto’s in hierdie berig van die Konsentrasiekampdag-vieringe in Vereeniging op Vrydag 16 Junie, is met dank en erkenning aan Chilli PicNic

Vir navrae oor hierdie Saterdag, 24 Junie,  se program skakel Jan-Danie Malan by 082 965 7002.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button