News

Vyf uiteindelik vas na vlaag van klerewinkel rooftogte

Klerewinkels in verskeie Vrystaatse dorpe waaronder ook Parys, het met die rooftogte deurgeloop.

Vyf verdagtes tussen die ouderdom van 33 en 36 jaar is Sondag 18 Junie in Standerton vasgetrek  na ‘n besigheidsroof in Standerton waar dieselfde modus operandi  gebruik is as wat  met rooftogte in Parys en Kroonstad gebruik is.
Polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle sê die polisie se provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad in die Fezile Dabi-distrik, het inligting opgevolg wat tot die arrestasie gelei het. Sy sê al vyf verdagtes word positief verbind met die roogtogte by klerewinkels aan die begin van Junie in Kroonstad, Parys en Villiers.
In al die gevalle is selfone en kontant geroof.
DIe polisie het tydens Sondag se arrestasie ook beslag gelê op twee voertuie wat as ‘wegkom’ voertuie tydens die rooftogte gebruik is.
Kapt. Earle het bevestig dat die verdagtes aangekla sal word op klagte van besigheidsroof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die besit van onwettige ammunisie.
Vier van die verdagtes is ook onwettige immigrante.
  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button