News

Comrades-vasbyt beloon

'n Ongelooflike wedloop met hoendervleis-oomblikke vir drie Parys-atlete wat vanjaar die 87,7km tussen Pietermaritzburg en Durban gehardloop het

Danksy hul bont gehekelde mussies kon twee oefenmaats, Tara Walmsley en Anina de Villiers mekaar uitken in die skare van duisende wat Sondag die laaste paar meter van Comrades 2023 in die Kingsmead-stadion in Durban voltooi het.

‘n Ongelooflike wedloop met hoendervleis-oomblikke vir drie Parys-atlete wat vanjaar die 87,7km tussen Pietermaritzburg en Durban gehardloop het. Vir Peter Muthubi, en Tara en Anina was dit vir elkeen ‘n uitsonderlike mylpaal met uitstekende tye wat gehardloop is.
Die beloning op maande se voorbereiding en baie harde werk.

Peter Muthubi saam met Anina de Villiers (regs) en Tara Walmsley met hul kleurvolle Comrades-mussies, Aldrie het uitsonderlik goed presteer by vanjaar se Comrades-ultramarathon.

Peter het sy wedloop in ‘n skitterende tyd van 6:04:45 voltooi wat beteken dat hy gemiddeld 4 minute 10 sekondes per kilometer gehardloop het.

Daarmee het hy ‘n silwermedalje verdien.

Dit was vanjaar Peter se dertiende Comrades, en beslis nie sy laaste nie. Vir hom het die wedloop goed begin, maar by die 60km merk het ‘n kramp in sy been hom laat les opsĆŖ. Sy beste Comrades was in 2010 toe hy die ultramarathon in 5 uur 48 minute kon voltooi en tiende geeĆÆndig het met ‘n goue medalje om sy nek. Hy kon oor die jare ook al drie Wally Hayward-medaljes inpalm, en hoewel vanjaar nie sy beste tyd was nie, het hy goed gevoel en is gereed om later vanjaar die Soweto-marathon aan te pak.

Peter running with the red cap.

Mans atlete moet die ultramarathon tussen 6 uur, en 7 uur 30 minute voltooi om te kwalifiseer vir ‘n silwermedalje, terwyl die Wally Hayward-medalje toegeken word aan atlete wat die ultramarahon voltooi vanaf die 11de posisie tot en met ‘n tyd van 6 ure. Dit beteken dat Peter die Wally Hayward medalje met net 4 minute 45 sekondes gemis het.

Tara het eweneens ‘n uitsonderlik goeie wedloop gehardloop met ‘n tyd van 8:46:43, en het net na 14:00 Sondagmiddag die stadion binnegehardloop. Haar gemiddelde spoed was 6 minute 1 sekonde per kilometer. Daarmee het sy haar Bill Rowan-medalje verdien wat oorhandig word aan atlete wat daarin slaag om die ultramarathon tussen 7 uur 30 minute en 9 ure te voltooi.

Vir haar was die Bill Rowan dit waarvoor sy gewerk het. Omdat sy reeds gesukkel het met ‘n besering en nie die week voor die Comrades kon oefen nie, wou sy graag klaarmaak sonder verdere beserings. Sy het dit reggekry om haar tyd van verlede jaar, wat toe haar eerste Comrades was, met 24 minute te verbeter.

Anina het die Robert Mtshali-medalje ontvang. Sy het klaargemaak in ‘n tyd van 9:22:31 en ‘n gemiddelde spoed van 06:25 minute per kilometer. Sy was kort voor 15:00 die middag oor die eindstreep waarmee sy haar doelwit bereik het om haar 2022 tyd te kon verbeter met 1 uur 48 mi-nute. Vir haar was dit ‘n ‘amazing’ wedloop van begin tot einde.

“Ek wag nog om moeg te word,” lag sy en beskryf haar Comrades-belewenis as ‘n “absolute blessing uit Sy hand’.
Oor die bont mussies vertel Tara dat haar en Anina se mussies gehekel is deur haar oom. Elke jaar hardloop sy met ‘n ander mussie want diĆ© kleurvolle mussies is familie-tradisie.

Haar pa en oom het elk ook al met soortgelyke kleurvolle mussies hul Comrades-marathons voltooi
Oud-Parysenaar Wida De Klerk het vanjaar geskitter met ‘n Isavel-Roche Kelly medalje nadat sy haar wedloop in minder as 7 uur 30 minute kon voltooi. Haar tyd was 7 uur 27 minute.

‘n Ongelooflike dag vir hierdie Parys-atlete, maar ook vir hul ondersteuners wat elke kilometer van die moordende wedloop daar was om te ondersteun, en die laaste bietjie aanmoediging by die eindstreep te gee.
Die Comrades-marathon is die wĆŖreld se oudste en grootste ultramarathon.

Die eerste wedloop is in 1921 tusen Pietermaritzburg en Durban gehardloop, en is toe aangebied ter ere van soldate wat in die Eerste WĆŖreldoorlog gesterf het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button