News

Gewapende roof by klerewinkel: Dieselfde verdagtes dalk in Parys en Kroonstad bedrywig

Polisie vra publiek se hulp om verdagtes vas te trek

Die polisie het die hulp van die publiek gevra vir inligting wat hulle op die spoor sal sit van vier verdagts wat na bewering betrokke was by twee rooftogte waar dieselfde modus operandi verlede week gebruik is om selfone en kontant in twee afsonderlike voorvalle van gewapende roof by klerewinkels  in Parys en Kroonstad  te buit.

Polisiewoordvoerder, sers. Mahlomola Kareli sê die eerste voorval was op Donderdag 8 Junie om 09:10 by ‘n klerewinkel in Kroonstad. Vier gewapende mans is in die winkel in, en is twee na die bestuurder se kantoor waar aangedring is op die kluissleutels, terwyl die ander twee die sleutels wou hê om toegang te kry tot selfone wat weggesluit was. Die rowers het met ‘n motor van die toneel gevlug met die kontant en selfone wat gebuit is.

In die tweede voorval net ‘n dag later op Vrydag 9 Junie, is dieselfde modus operandi in Parys gebruik kort nadat Exact in Kortstraat die oggend sy deure vir kliënte oopgemaak het. Drie mans wat hul voorgedoen het as kliënte, het ingestap waarop een van die mans die kluissleutels van die winkelbestuurder ge-eis het. Die ander twee het aangedring op die sleutels van ‘n kabinet waarin selfone weggesluit was.

Ook hier het die rowers met ‘n bedrag geld en selfone met ‘n motor van die toneel gevlug.

Die polisie glo dat dieselfde verdagtes moontlik betrokke was by beide rooftogte.

Enigeen wat die polisie kan help met inligting oor die twee voorvalle, is gevra om sers. Tauru Majoe, of die provinsiale georganiseerde misdaad eenheid te skakel by 071 094 0570, of die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10 111. Sou jy enige inligting hê oor die voorvalle, kan jy ook ‘n anonieme wenk  laat op die MYSAPS selfoontoepassing.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button