News

Speurtak bevelvoerder koelbloedig doodgeskiet

Polisie soektog duur voort na die vermeende moordenaars

Die polisie in Villiers het die hulp van die gemeenskap gevra om die verdagtes vas te trek wat die bevelvoerder van die Villiers Speurtak, Vrydag 9 Junie in die vroeë oggendure koelbloedig vermoor het.

Volgens polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani, het die  47-jarige speur a.o Neels du Rand  Vrydagoggend om 02:45  die Villiers-polisiestasie geskakel en vir bystand gevra. Hy het gesê dat hy op die spoor van ‘n gekaapte vragmotor was op ‘n grondpad tussen Villiers en Standerton.

Lede van die Villiers-polisiestasie het onmiddellik op sy oproep gerageer en onderweg gesien dat ‘n gedeelte van ‘n draadheining by ‘n plaas langs die pad geknip is. By nadere ondersoek is die Isuzu bakkie van a.o. Du Rand gesien. A.o Du Rand is in die voertuig gekry. Hy het vier skietwonde op sy rug gehad en is op die toneel dood verklaar.

Sover vasgestel kan word is niks uit die voertuig of by a.o Du Rand gesteel nie, het sers. Rani gesê.

Die gekaapte vragmotor is verlate sowat 8km daarvandaan in die rigting van Standerton gekry. Sers Rani het gesê dat voorlopige inligting daarop dui dat die gekaapte voertuig vergesel was van ‘n wit BMW voertuig met ‘n vals registrasie.

Die polisie se waarnemende provinsiale kommissaris in die Vrystaat, majoor-generaal Len Singh, het sy skok oor die voorval uitgespreek en gesê dat dit hartseer is om ‘n polisielid met soveel ervaring te verloor. Hy het gesê a.o Du Rand het 29 jaar se lojale diens aan die SAPD gehad. Hy het sy diepe meegevoel met sy gesin en familie betuig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button