News

Duisende liters water vir dorp se nood aangery

Gift of the givers help weer

‘n Tweede besending gebottelde water vir die mense van Vredefort en die Mokwallo-woonbuurt, is vanoggend vroeg deur Gift of the Givers in Parys gelaai. Drieduisend eenhonderd 5l bottels water wat van 10:30 vanoggend by die Multi Purpose Centre in Mokwallo beskikbaar gestel sou word vir mense wat nie skoon, drinkwater het nie.

Op die vragmotors wat in gelid gestaan het, was ook 10 000 rehidrasie sakkies, en kospakkies en klere bestem vir hulle wat ‘n geliefde verloor het tydens die Cholera-uitbraak in dié Vrystaate dorp.

Al 11 laboratorium bevestigde gevalle van Cholera in die Vrystaat wat deur departement gesondheid bekendgemaak is, was in Vredefort en Parys. Albei dorpe val binne die Ngwathe munisipale gebied wat deel vorm van die Fezile Dabi-distrik.

Van die 11 gevalle het twee pasiënte (een in Vredefort, en vandeesweek ook een in Parys) gesterf. Beide oorledenes was vroue. Die ander 9 gevalle is behandel en ontslaan het die departement van gesondheid gesê.

Vredefort en Parys gaan al vir baie lank onder ernstige watertekorte gebuk en hoewel die departement van waterwese en sanitasie sowel as die Ngwathe munisipaliteit bevestig het dat beide dorpe se behandelde drinkwater wat deur die munisipaliteit voorsien word, wel aan SANS 241 standaarde voltooi, is inwoners skepties, en is talle pasiënte met diaree by klinieke en die Parys Distrik-hospitaal al die afgelope maand gesien.

Die span van Gift of the Givers het Donderdag 8 Junie ook eenduisend agthonderd 5l waterbottels en nagenoeg 3 000 rehidrasie sakkies in Vredefort afgelaai.

Ook in Hammanskraal noord van Pretoria is die span al vir ‘n maand aan die werk. waar bykans 35 000 liter se gebottelde water verspei is, en sestig 4000 liter watertenkers beskikbaar gestel is om seker te maak mense het skoon en veilige drinkwater.

Ook daar is rehidrasie sakkies afgelaai en help Gift of the Givers steeds om die nood in Hammanskraal te help verlig.

Cliffort Mabe, gemeenskapskoördineer by die Gift of the Givers Gauteng-tak, sê hulle sal voortgaan om te help in gemeenskappe wat deur die Cholera uitbraak geraak word wat nou reeds in die Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies gerapporteer is.

Related Articles

Back to top button