News

‘Dit voel of ek op my manier ‘n bydrae maak’

Was dit nie vir ‘n bloeskenkkliniek nie, sou sy dalk eers veel later met ‘n doktersbesoek uitgevind het dat sy ‘n ystertekort het. So gesels Marlize Willemse van Parys wat reeds haar 100 eenhede bloedskenk mylpaal bereik het. As jong Kovsie-student het sy die eerste keer in 1982 begin bloed skenk, danksy die Bloeddiens se …

Was dit nie vir ‘n bloeskenkkliniek nie, sou sy dalk eers veel later met ‘n doktersbesoek uitgevind het dat sy ‘n ystertekort het. So gesels Marlize Willemse van Parys wat reeds haar 100 eenhede bloedskenk mylpaal bereik het. As jong Kovsie-student het sy die eerste keer in 1982 begin bloed skenk, danksy die Bloeddiens se bemarking vir skenkersklinieke op kampus.

Vandag is sy steeds ‘n gereelde sken-ker wat al haar 200 eenhede mylpaal kon bereik het as dit nie was dat sy vir ‘n tyd in Duitsland gevestig was, en daarna vir ‘n ruk nie geskenk het nie. Voordat sy 75 word, wil sy egter nog diĂ© groot mylpaal bereik, gesels Marlize.

Marlize Willemse met ‘n vrolike paar kouse – een van vele handige geskenke wat sy al van die Bloeddiens ontvang het.

Vir iemand wat bloed skenk verg dit toewyding om diĂ© mylpale te bereik. Skenkers sal gemiddeld 6,5 eenhede bloed per jaar skenk, wat beteken dat dit jou 7, 5 jaar sal neem om 50 eenhede bloed te skenk, sĂȘ sy. Tog kos hierdie toewyding jou niks meer as die eenheid bloed wat jy gee om iemand ander se lewe te red nie.

“Dit is my bydrae in my gemeenskap,” sĂȘ sy. “As ‘n bonus word jou bloeddruk nagegaan, en is die nuttige geskenke wat die Bloeddiens gereeld vir skenkers gee, nie te versmaai nie”.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button