News

Daar vir mekaar deur die vreugdes en ‘issues’ van meer as ma-wees

Ma-wees kan nogal voel soos ‘n vlieg in ‘n pot stroop. Jy beur vorentoe in die soetvreugde van ma-wees, maar bly vasgevang in die wurggreep van Instagram en Facebook-perfeksie se beeld van ma-wees. Ver verwyder van die werklikheid van doeke, loopneuse, min slaap en ‘n gejaag tussen werk en skoolwerk. Maar jy is nie alleen …

Ma-wees kan nogal voel soos ‘n vlieg in ‘n pot stroop. Jy beur vorentoe in die soetvreugde van ma-wees, maar bly vasgevang in die wurggreep van Instagram en Facebook-perfeksie se beeld van ma-wees. Ver verwyder van die werklikheid van doeke, loopneuse, min slaap en ‘n gejaag tussen werk en skoolwerk.

Maar jy is nie alleen nie.

Duisende vroue oor die w̻reld gaan deur dieselfde wipplank emosies en uitdagings van vloermoere, laatwees oggende, t̩ veel om te doen, en jy wat iewers op die kantlyn staan Рstokflou gehardloop in die wedloop van mamma-perfeksie.

In Parys, soos in 70 ander lande kom ma’s een keer ‘n week bymekaar.

Om te deel, te bemoedig, te ondersteun. Sommer net ‘n asemskep uur te geniet om die skaal gebalanseer te kry tussen ma-wees en vrou-wees, want iewers tussenin is jy wat heel moet bly, al voel jy soms jy verloor dit heeltemal.

Die ondersteuningsgroep, MOPS, is in 1973 gestig as Amerikaanse inisiatief, maar het dié ondersteuningsgroep vir ma’s gou uitgekring na ander lande. In Parys is MOPS in November 2022 gestig, en kom tussen 10 en 20 vroue elke Dinsdag tussen 08:15 en 09:30 bymekaar by die Ecclesia Family Church gebou oorkant die biblioteek.

Dit is nie ‘n kerkgebonde organisasie nie. Daar is nie lidmaatskapgelde of aansoekvorms nie. As jy ‘n mamma is, is jy welkom. Dit is ‘n geleentheid om uit te kom, ander mammas te leer ken, nuwe vriendinne te maak, te hoor dat jou ‘issues’ ook ander se ‘issues’ is – en wie weet – dalk is hierdie net wat jy nodig het om weer perspektief te kry vir jou uitdagings, ‘n wenk of twee wat jou kan help, of sommer net weer te besef watter groot voorreg ma-wees is.

‘n Verskeidenheid van onderwerpe word informeel oor gesels – van ma-wees tot vrou-wees, die huwelik, en om steeds na jouself om te sien tussendeur alles.

HIerdie week was daar pret met die versier van kolwyntjie koekies saam met Tarina Naude.

Elke week is daar boonop geleentheid om met ‘n bietjie kreatiwiteit sommer ook pret te hê. Saam te lag met ‘n warm koppie koffie in die hand.

Kom deel saam, geniet saam. Bring jou kinders saam as jy moet, of kom sommer vir ‘n bietjie ‘me-time’.

As jy meer wil weet van Grace MOPS Parys, skakel Lize Oosthuizen by 082 627 9845, of as jy dalk by jou kerk ‘n MOPS-groep wil begin vir mammas, skakel Santie Nortje by 082 414 6596. Jy ontvang opleiding en maandelikse inhoud vir bespreking.

Related Articles

Back to top button