Local newsNews

Radio-roem vir Zak x 2

Albei is dit eens dat hul sportprestasies te danke is aan baie harde werk en toewyding en goeie tydsbestuur.

Hulle deel dieselfde naam en albei het ‘n passie vir die sport wat hulle beoefen. Zak Naudé en Zak Thirion, twee graad 11-leerders van Hoërskool Parys het onlangs dubbele radio-roem gekry toe dié twee se stemme op die RSG-program, Kompas, gehoor is. Die uitnodiging vir die radio-onderhoud was vir hulle ‘n groot verrassing.

Maar as jy dié twee seeplad hoor gesels het in die onderhoud, kan jy kwalik glo dat die manne sê die senuwees maar geknaag het.

Hoërskool Parys se Zak Naude en Zak Thirion wat genooi was vir ‘n radio-onderhoud op die RSG-program, Kompas.

Zak Naude het die groot prestasie behaal om as Afrika-kampioen gekroon te word in die diskusgooi-item vir so.18 met sy deelname aan die Confederation of Africa Athletics vir o.18 en o.20 atlete wat in Mei vanjaar in Zambië gehou is. Zak en die res van die Suid-Afrikaanse span het 33 goue medaljes, 19 silwer en 14 bronsmedaljes huis toe gebring. Suid-Afrika was dan ook die land wat die meeste medaljes kon inpalm by die byeenkoms waar al 54 Afrika lande verteenwoordig was.

Zak Thirion is op sy beurt ‘n talentvolle karate-student en neem ook aan atletiek en tennis deel. Met sy karate het Zak alreeds ‘n string medaljes by verskeie byeenkomste verower.

Albei is dit eens dat hul sportprestasies te danke is aan baie harde werk en toewyding en goeie tydsbestuur wat dikwels beteken dat daar laat aande nog studeer moet word omdat hul sport hul smiddae besig hou.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button