News

Hier word weggedra terwyl doseringpompstasie in onbruik staan

Vredefort sit met dieselfde probleem as Parys omdat nie genoeg water gesuiwer word om aan die hele dorp en Mokwallo volhoubaar water te kan voorsien nie

Na maande se werk wat ‘n kontrakteur in 2021/22 by die Vredefort watersuiweringsaanleg gedoen het, en toe onder ‘n wolk van vrae skiellik met volle beta- ling weg is, staan die splinternuwe doseringsaanleg wat gebou is, en die bergingsreservoir wat gesuiwerde water sou stoor, steeds onbenut.

Vir die nagenoeg R19 miljoen wat Ngwathe vir die kontrak betaal het, is na raming net 60% van die werk voltooi, sê DA-raadslid, Saal de Jager.

Hy sê afgesien van die enorme uitgawe, sal die werk wat gedoen is, selfs al sou dit voltooi word, geen verskil maak vir die inwo- ners van Vredefort en Mokwallo wat al jare lank gebuk gaan onder erge watervoorsieningsprobleme nie. Krane bly knaend droog.

Rdl. De Jager het met ‘n besoek aan die watersuiweringsaanleg drie weke gelede, ook gevind dat die slot van die deur na die gebou waarin die dose- ringsaanleg is, geknip is. Van die elektriese kabels en kleppe was ook weg.

De Jager sê tydens sy besoek het net die helfte van die aanleg gefunksioneer, en is die pomp waarmee water uit die Vaalrivier onttrek word, ook nie voldoende nie.

Vredefort sit met dieselfde probleem as Parys omdat nie genoeg water gesuiwer word om aan die hele dorp en Mokwallo volhoubaar water te kan voorsien nie, sê hy.

Parys watersuiweringsaanleg
Met die onlangse hernuwing van twee sandfilters by die ouer gedeelte van die Parys watersuiweringsaanleg het ‘n kontrakteur weens swak beplanning eers die verkeerde medium ingesit, met die gevolg dat die werk pleks van ‘n week, uiteindelik ‘n verbysterende twee maande geduur het, het rdl. De Jager Vrydag in ‘n verklaring gesê.

Hy sê die kontrakteur het boonop sandmedium- en spuit- kleppe by twee filters in die 1970 gedeelte van die aanleg verwyder wat tot verdere watertekorte gelei het, en wat nou staan totdat ‘n nuwe kontrakteur aangestel word om die werk te doen.

De Jager sê in die verklaring as DA-raadslid en lid van die infrastuktuurkomitee, dat besluite wat deur die komitee geneem moet word, deurgaans belemmer word deur onvoldoende voorbereiding van amptenare wat lei tot gereelde vertragings, en bykomende inligting wat eers gekry moet word.

Hy sê belangrike inligting, insluitend tenders en besoeke, word deur provinsiale en ander eksterne instellings, nie behoor- lik gekommunikeer nie, wat weer lei tot ‘n gebrek aan doeltreffende besluitnemings- en kommunikasieprosesse. “Hierdie het ‘n ernstige impak op die gemeenskap gehad, veral met die huidige tekort aan water.”

Related Articles

Back to top button