News

‘Ondeurdagte’ begroting vir Ngwathe eenvoudig deurgedruk

R6,5m wat in begroting voorsien word om deur middel van nuwe tegnologie Eskom se maandelikse kragrekening dramaties te probeer verminder, wel verwelkom

Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se nuwe munisipale begroting wat as ‘ondeurdag’ en onprofessioneel voorberei, beskryf word, is verlede Donderdag op ‘n spesiale raadsvergadering deur die ANC deurforseer ten spyte van verwerping deur al drie opposisiepartye en die onafhanklike raadslid.
Die DA se voorstel vir ‘n finansiële reddingsplan, wat ook sakelui en inwoners sal betrek, is egter eenparig goedgekeur, ook deur die ANC.Raadslid Phillip van der Merwe, koukusleier van die VF+, het op talle leemtes in die begroting gewys waaronder dat die begrotingsdokument tydens openbare deelname nie ‘n enorme verhoging van 25% op kragtariewe aangedui het nie. “Kragtens ‘n uitspraak van die Appélhof mag dit dus nie
regsgeldiglik toegepas word nie,” het hy gewaarsku.
Ook die nuwe tariewe vir riool envullisverwydering (5.3%) verg volgens hom tegniese wysigings aan beleid, wat eweeens nie onderwerp is aan die verpligte deelnameproses nie.
Voorts het hy daarop gewys dat inkomste uit skuldinvordering nie in die begroting aangedui word nie – ten spyte daarvan dat ‘n begrotingstekort voorsien word, en dit noodsaaklik is om die tekort te probeer verminder sover enigsins moontlik. Ander wetlike vereistes, soos die aparte aandui van die vergoeding vir politieke ampsdraers asook van die munisipale bestuurder, hoof finansiële beampte en senior bestuurders, is ook geignoreer.
Nog ‘n fout is dat insette van die publiek tydens die openbare deelname nie by die begrotingsdokumente ingesluit was, soos wetlik vereis word, nie.” Ook oorgestelde nuwe (of wysigings aan bestaande) diensleweringsooreenkomste was nie ingedien
nie.
Die DA het die kritiek ondersteun, en gesê die swak konsep-begroting eis dat ‘n finansiële herstelplan onmiddellik in werking moet kom. Rdl Arnold Schoonwinkel het voorgestel dat die raad se staande komitee oor finansies (FinKom) opdrag kry om onmiddellik tweeweekliks te vergader om die Raad se herstelplan te vernuwe, te verfyn, en meer kragdadig toe te pas.
“ ‘n Tesourie-amptenaar moet as sekretariaat optree om projekte te identifiseer, na te vors, en tot uitvoering te lei,” het Schoonwinkel
gesê. Hy het versoek dat samewerking en idees van sakelui en inwoners aangevra en benut word, en ook dat doelbewus gestreef word na die voorwaardes wat Eskom stel en nog mag stel vir die afskryf van munisipale skuld.
Die voorstel is sterk gesteun deur die VF+, asook deur burgemeester Victoria de Beer en senior ANC-raadslid Kau Khumalo. Dis daarna eenparig aanvaar.
“Ons bly positief en ondersteun weldeurdagte pogings om invordering van inkomste te verbeter en uitgawes te besnoei,” sê Rdl Van der Merwe. Hy verwelkom dit ook dat die begroting R6,5m voorsien om deur middel van nuwe tegnologie Eskom se maandelikse kragrekening dramaties te probeer verminder.

Related Articles

Back to top button