News

Koepel-naghemel ‘n sterrekyk belewenis

Die Vredefort Koepel lok nie net menige besoekers met sy unieke geologie nie, maar met ´n groot verskeidenheid van natuur-, kultuur en avontuuraanbiedinge. Een van die mees grondliggende skatte van die Koepel is die stilte en afsondering, wat bydra om die waarde van al die ander aktiwiteite te verhoog. Net so is die donker nagte …

Die Vredefort Koepel lok nie net menige besoekers met sy unieke geologie nie, maar met ´n
groot verskeidenheid van natuur-, kultuur en avontuuraanbiedinge. Een van die mees
grondliggende skatte van die Koepel is die stilte en afsondering, wat bydra om die waarde van al die ander aktiwiteite te verhoog. Net so is die donker nagte en die helder sterrehemel ´n belangrike trekpleister vir besoekers.

Met gereelde natuuruitstappies poog die Bewarea om ´n bewussyn te skep vir die waarde van ons besondere omgewing, maar ook vir die noodsaaklikheid om dit te bewaar en te beskerm.

Op prof. Roger Gibson se geologie-uitstappie van Maart volg in Junie ´n aanbieding oor
sterrekunde by Deelfontein se sterrewag. Frik le Roux van die Pretoria-tak van die
Astronomievereniging van Suid-Afrika sal ´n interessante lesing oor die raakpunte tussen
sterrekunde en musiek gee, en daarna geleentheid gee om die sterre deur die groot 12”
teleskoop te bekyk.

Die aanbieding begin op Saterdagaand 17 Junie om 19:00 uur, en sal tussen 21:00 en 22:00
uur eindig. Tref voorsorg teen die koue met warm klere, skoene en ´n mussie. Slegs 15 plekke is beskikbaar.

Padaanwysings na Deelfontein en die kostes is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar, of soek Deelfontein Guest Farm op Google Maps. Die rit van Parys duur ongeveer 25 minute en van Potchefstroom neem dit 50 minute. Bespreek asseblief vooraf by 083 280 9784 of
gerhard@deelfontein.co.za.

Indien bewolkte weer dreig, sal ´n aankondiging of die uitstappie voortgaan op Deelfontein se webwerf gepubliseer word en mense wat bespreek het in kennis gestel word. Deelnemers is welkom om reeds vanaf 17:00 met ´n piekniekmandjie op te daag en aandete op die perseel te geniet.

Related Articles

Back to top button