News

Bedrog: Bejaardes weer gewaarsku oor dié slenter ‘bankoproepe’

Jy moenie vir dié slenters val nie - dit gaan jou duur te staan kom

Die polisie waarsku weer inwoners, maar veral bejaardes wat dikwels geteiken word, om nie te val vir swendelaars se slim telefoonpraatjies nie.

Maak seker dat jy nie enige persoonlike inligting telefonies aan iemand gee wie jy nie ken nie. Verskeie voorvalle is al gerapporteer waar mense deur sogenaamde ‘bankamptenare’ geskakel is om die een of ander ‘fout’ op ‘n rekening reg te stel, of wat persoonlike inligting of ‘n OTP-kode van jou vra. Onthou dat jou bank nooit hierdie inligting van jou telefonies sal vra nie. Beeïndig die oproep dadelik, en gaan persoonlik na jou bank sou daar enige inligting nodig wees, of jy bekommerd is oor ‘n oproep wat jy ontvang het.

Moet ook onder geen omstandighede toelaat dat enigeen jou by ‘n OTM help nie.

Tans is diefstal, en ook motordiefstal in Parys kommerwekkend hoog. Motordiewe het veral hul oog op nuwer model Toyota bakkies en Fortuners en is drie voorvalle die afgelope maand in Parys gerapporteer.

Met die diefstalle wat gerapporteer was, was dit meestal kontant, gereedskap, lugversorgers, selfone, sonpanele, koperpype en elektriese toebehore wat gesteel is.

Related Articles

Back to top button