News

Reën, hael kortwiek ‘shutdown’ aksie

Lede van die polisie se Openbare Orde eenheid sowel as die Parys en Tumahole SAPD lede hou steeds deurentyd 'n wakende oog.

‘n Groep van tussen 400 en 500 mense meestal skoolkinders het vandag aan die beplande “Shutdown” aksie in Parys deelgeneem toe daar na die munisipale kantore in die dorp beweeg is om hul ontevredenheid te wys met die voortslepende krag- en waterkrisis in die dorp wat huishoudings en besighede totaal lam lê. Die groep eis dat die Ngwathe Uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, en die hoof van watervoorsiening, mnr. Phele, uit hul posisies ontslaan moet word.

Daar is Vrydag 12 Mei, reeds met die oorhandiging van Save Ngwathe se memorandum en petisievorm aan die waarnemende munisipale bestuurder, mnr. T. Ngese, gesê dat die gemeenskap moeg is vir leë beloftes en dat verskeie petisievorms en vreedsame protesoptredes al die afgelope maande gehou is, met geen terugvoer of enige verbetering aan die omstandighede wat die gemeenskap dag vir dag moet verduur met ure sonder krag en droë krane.

Die reën en hael het vandag se optrede egter gekortwiek, maar het baie besighede in die dorp weer soos in Januarie vanjaar enorme verliese gehad weens die optrede toe die protesgroep hulle gedwing het om hul besighede te sluit vir die dag, of ander uit vrees vir die veiligheid van hul werknemers en eiendom, uit eie keuse die deure toegemaak het.  Daar was egter ook besighede wat wel oop was.

Vullissakke wat op straat was, is ook op plekke uitgegooi.

Die munispale kantore is gesluit, en het die groep onverrigter sake moes omdraai sonder antwoorde  van die munisipale bestuur oor die krag- en waterkrisis

Die protesoptrede het meestal sonder voorval verloop en was paaie steeds oop vir verkeer behalwe in die Tumahole-woonbuurt waar van die paaie versper is met klippe.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button