News

Vandag word daar skoongemaak in Parys

Wil jy nie kom help nie? Vandag, Saterdag 13 Mei word daar skoongemaak in Parys deur Mooi Parys in samewerking met ander organisasies met 'n groot regruk inisiatief, 'Adopt a Spot', wat oor die volgende maande tot einde Augustus in die dorp geloods word deur inwoners en organisasies wat hande vat.

Die doel is om die dorp skoon te maak, heel te maak, skoon te hou en te verfraai. Groot sukses is die afgelope maande alreeds deur Mooi Parys behaal om skoon te maak op verskeie punte in die dorp.

Vandag se skoonmaakaksie het Woensdag al  afgeskop met ‘n projek onder leiding van Vaal Action Group om plastiek opdrifsels na die onlangse vloed uit die rivier te haal. Daar is skoongemaak vanaf Egweni, en om die eilande by Grewarlaan. Vrywilligers met die hulp van riviergidse van Otters Haunt en Stonehenge, die span van Mooi Pa-rys, Egweni en Safripol het gehelp. Aan die einde van die dag is 60 vullissakke volgemaak met rommel en plastiek. Selfs bande en ‘n swembadseil is uit die water gehaal.

 

 

Vir vandag se groot skoonmaak en instandhoudingsaksie word ‘n uitdaging gerig aan elke inwoner, kerke, organisasies, skole en besighede om weer die dorp mooi en netjies te kry. Daar is 2000 sakke geborg om vol te maak. Daar word om 08:00 Saterdagoggend bymekaar gekom op die eiland by Heapstraat soos jy Parys inry vanaf Sasolburg-kant.

Daar sal dan tot 13:00 slaggate opgevul word, vullis opgetel, gras gesny en randstene skoon gemaak word. Daarna sal die ‘Adopt a Spot’ program voortduur tot einde Augustus 2023.

Jy kan handskoene, ‘n hoed en sonbrandmiddel saambring, en as jy ‘n hark, besem, graaf, grassnyer of bossiekapper het, sal dit help. Sakke en water word voorsien. Vrywilligers sal in groepe ingedeel word wat verskeie areas wat geïntifiseer is, sal skoonmaak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button