Die bestuurder van ‘n trekker wat verlede week (Donderdag 27 April) kritiek beseer is na ‘n botsing op die R57 tussen Heilbron en Petrus Steyn, het Saterdag aan sy beserings beswyk.
Die ongeluk het omstreeks 16:00 die middag sowat 20km buite Heilbron gebeur toe ‘n vragmotor met ‘n trekker en sleepwa waarop plaasimplemente was, gebots het.
Die vragmotorbestuurder is nie in die ongeluk beseer nie.Die pad was vir etlike ure na die botsing gesluit nadat heelwat dieself oor die pad geloop het wat eers opgeruim moes word.