News

Protesoptog aan die gang oor indiensneming van Suid-Afrikaanse burgers

Die optog het sover vanoggend vreedsaam verloop en hou die polisie 'n wakende oog.

‘n Protesoptog waarvoor die nodige toestemming vooraf gekry is, is tans (Donderdag 27 April), in Parys aan die gang as deel van Operation Dudula. Die groep eis dat besighede in die dorp  wat aan uitlanders behoort, net Suid-Afrikaanse burgers in diens sal neem. Hulle het ook verteenwoordigers van Departement Arbied en Departement Binnelandse Sake gevra om teenwoordig te wees wanneer verskeie ondernemings, meestal hardeware winkels, in Tumahole, die nywerheidsgebied van Parys, en die dorp self, besoek sal word om met eienaars te praat.

Die groep het reeds vanoggend om 09:00 by die taxi-staanplek in Tumahole byeen gekom en sal weer om 17:00 verdaag. Die groep was om 11:15 by Tuba Hardware naby die taxi-staanplek in die dorp.

Lede van Openbare Orde Poliëring monitor die groep deurentyd terwyl daar na die onderskeie ondernemings beweeg word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button