News

Steen vir steen is kerkdroom gebou en eerste Paasdiens gehou

As jy dalk los matte het wat jy vir die kerk wil skenk totdat daar teëls gelê kan word, kan jy Herman by 072 764 3731 skakel. 

Hoewel die nuwe kerkgebou van die Christen-gemeente in Schonkenville nog nie kant en klaar is nie, is die eerste diens in dié kerkgebou Paasnaweek gehou, en daar was selfs meer tieners as volwassenes by die erediens, sê ‘n trotse Herman Johnson, hoofleier van die gemeente.

Na maande se harde werk om self die kerk te bou, is dit nou net die plafon, teëlwerk en elektriese bedrading vir die ligte wat nog gedoen moet word. Vir meer as twee jaar het lidmate van die gemeente self – steen vir steen aan hul droom gebou, met die hulp van mense se oop harte en hande vir dié gemeente.

Nadat Gazette einde Julie berig het oor die kerkgebou wat toe nog net 25 dakbalke
gekort het om die kerk se dak te kon opsit, het mense eenvoudig net gehelp. ‘n Groot
skenking het bygedra vir die pleistersand, sement en hout, en vertel Herman hoe die
“Here net vir hulle deure oopgemaak het met wat hulle nodig gehad het.”

Voorheen is kerk gehou in ‘n sinkstruktuur maar dit het té klein en té warm indie somermaande geword om dienste hier te kon hou.

Die gemeente is in die laat tagtigerjare gestig. Aanvanklik is in ‘n huis kerk gehou, en later is die gemeenskapsaal in Schonkenville vir eredienste gehuur. Toe die gemeente die grond gekry het, is die sinkstruktuur opgerig waar tot nou kerk gehou is.

Ten spyte daarvan dat hul net kon bou soos wat daar geld was vir boumateriaal,
of skenkings ontvang is, het groot en klein nooit ophou glo in hul droom nie. Vandag
staan ‘n kerkgebou gebou met voorsiening en genade.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button